REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


DEBATTE
VAN DIE
PARLEMENT VAN DIE
PROVINSIE WES-KAAP
(HANSARD)

TWEEDE SESSIE - TWEEDE PARLEMENT
VAN DIE PROVINSIE WES-KAAP

Die teken * dui 'n vertaling aan. Die teken , waar dit later in dieselfde toespraak gebruik word, dui die oorspronklike taal aan.
				
		
	MAANDAG, 28 FEBRUARIE 2000	1003
	
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT 


Die Huis kom om 14:18 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1020.

GELUKWENSE AAN STORMERS

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die Western Stormers met hul oorwinning op Saterdag, 26 Februarie 2000, gelukwens en veral Breyton Paulse gelukwens met sy uitstekende spel, en hulle verder sukses met die res van die Super Twaalf rugbykompetisie toewens.

Goedgekeur.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Indiening en Eerste Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, voordat ek begin, wil ek graag die skoolkinders van Windermere Skool in ons midde verwelkom. Hulle is baie welkom. Ek hoop die verrigtinge sal vir hulle interessant wees en dat ek hulle nie in so 'n mate sal verveel dat hulle aan die slaap raak nie.

Mnr die Speaker, ek het verlede Februarie in my Begrotingsrede hierdie Parlement meegedeel dat die Regering van die Wes-Kaap hom, sonder kwalifikasie, hou by die ses sogenaamde "clusters" vir begrotingsbeleid, wat deur die nasionale Regering uitgespel is: om in die basiese behoeftes van die mense te voorsien; om infrastruktuurontwikkeling te versnel; om die basis vir volgehoue ekonomiese groei en werkskepping te l; om ons menslike hulpbronne te ontwikkel; om die veiligheid en sekuriteit van die burger en die staat te verseker; en om die organe van die Regering te hervorm sodat dit die ontwikkelings- en mensgesentreerde aard van ons demokratiese staat weerspiel.

STRATEGIESE DOELWITTE

In navolging van hierdie beleid het die Wes-Kaapse Tesourie in die huidige boekjaar met 'n nuwe proses van openbare konsultasie begin, wat gelei het tot 'n Wes-Kaapse Inkomste en Uitgawe Beleidsraamwerk. Die grondslag van hierdie fiskale beleidsraamwerk is gesetel in die nege strategiese beleidsdoelwitte vir die Wes-Kaapse Regering, soos in Julie 1999 deur die Kabinet goedgekeur. Dit is:

1.	Om by te dra tot die skepping van 'n veiliger omgewing vir ons mense.

2.	Om 'n bemagtigende omgewing vir ekonomiese groei te skep.

3.	Om die mense van die Wes-Kaap voor te berei vir die kennisekonomie van die 21ste eeu.

4.	Om die verspreiding van MIV/Vigs en tuberkulose te bekamp.

5.	Om die arm mense van ons provinsie deur middel van die voorsiening van basiese dienste te bemagtig.

6.	Om die gehalte van en toegang tot dienste wat deur die Provinsiale Regering voorsien word, te verbeter.

7.	Om die totale omgewing te beskerm en te bevorder vir die optimale ontwikkeling van ons mense.

8.	Om die fisiese infrastruktuur wat vir die ontwikkeling van hierdie provinsie nodig is, in stand te hou en te verbeter.

9.	Om die provinsie, as die poort tot Afrika, selfs sterker aan die land en die kontinent te bind.

Benewens ander lewerings- en operasionele doelwitte wat binne departemente gegenereer word, het die Kabinet verder prioriteitsprojekte en sleuteluitsette geformuleer, wat middel-September verlede jaar in Ministers se beleidstoesprake in hierdie Parlement uitgespel is.

Oor die afgelope drie jaar het 'n reeks strategiese beplanningsessies gelei tot die aanvaarding deur die Kabinet in 1998 van 'n stel van agt belangrike begrotingstoewysingsbeginsels. Hierdie beginsels het die grondslag gevorm vir die vorige MTEF-toewysings van die 1999-2000-boekjaar tot die 2001-02-boekjaar en was dus die vertrekpunte wat tot die huidige begrotingsproses gelei het.

Mnr die Speaker, gegewe die beleidsdoelwitte wat deur die nuutsaamgestelde Provinsiale Kabinet aanvaar is, het die klem van die vorige toekenningsraamwerk verskuif na die verwesenliking van bepaalde diensleweringsdoelwitte.

Met die vorige beginsels as vertrekpunte, het die Kabinet se jongste beleids- en diensleweringsdoelwitte wat in 1999 bepaal is, onder meer tot die volgende fiskale beginsels gelei:

1.	Die Kabinet se beleidsdoelwitte vorm die vertrekpunt vir die provinsiale toekennings. Dit word aangevul deur bepaalde sleuteluitsette wat deur die Kabinet aan elke departement toegewys word.

2.	Betreffende die maatskaplike dienstesektor: gegewe die Kabinet se beleidsriglyne, kort- en langtermyn maatskaplike en ekonomiese faktore, moontlike doeltreffendheidsverbeterings, en die beperkte potensiaal vir inkomsteverbetering oor die kort termyn, is die algehele en individuele bedrag per subsektor opnuut beraam om die voorsiening en instandhouding van 'n aanvaarbare vlak van dienslewering oor die huidige MTEF-periode aansienlik te versterk. Wat ook inherent in hierdie benadering is, is om sekerheid van inkomste vir hierdie sektor oor die medium termyn te voorsien.

3.	Toewysings aan die ekonomiese dienstesektor het omgewingskwessies, die ekonomiese belangrikheid van kapitaalinfrastruktuur en die sektor se sterk potensiaal om addisionele inkomste oor die volgende drie tot vier jaar te genereer, in aanmerking geneem. Die feit dat die ekonomiese vooruitsigte vir Suid-Afrika oor die medium termyn positief is, en tesame met die sektor se eie inkomstepotensiaal, beloof dit goed vir moontlike "equitable share"-verhogings wat tot hierdie sektor beperk sal wees.

4.	Die risiko's verbonde aan "wage creep", die gebrek aan 'n doeltreffende afleggingsmiddel en onbehoorlik opgeleide of benutte personeel verg 'n algehele menslike hulpbron MTEF-plan, eerder as om die maksimumgetal werknemers gegrond op suiwer finansile berekenings te probeer definieer.

5.	Gegewe die algehele ingefaseerde daling in die nasionale "equitable share" aan die Provinsie, en die gevolglike inperking van besteding aan infrastruktuur, sal doelbewuste stappe gedoen moet word om provinsiale eie inkomste aan te vul om, hoofsaaklik, besteding aan die ekonomiese dienstesektor aan te vul.

Die beginsels onderliggend aan ons jongste Driejaar-mediumtermyn Uitgaweraamwerk (MTEF), tesame met die Begroting wat ek vandag voorl, illustreer die mate waarin hierdie Regering sy prioriteite en gevolglike finansile hulpbronne ingestel het op nasionale sowel as provinsiale beleid. Die sentrale kenmerk van hierdie Begroting is dus om die skewe inkomsteverspreiding, sowel as relatiewe en absolute armoede, te verlig en derhalwe die armes en gemarginaliseerdes van hierdie provinsie op te hef. Dit moet egter verstaan word dat dit almal langtermyndoelwitte is hierdie, maar wat ons vandag doen, is om die basis te l dat dit kan gebeur.

Mnr die Speaker, ek moet erkenning daaraan verleen dat 'n hele 90% van die totale Begroting, ingesluit Behuising, aan die lewering van sosio-maatskaplike dienste gewy word, met die vernaamste bevoordeeldes middel- en laerinkomsteverdieners.

BEGROTINGSHERVORMING

Vergun my, mnr die Speaker, om 'n paar woorde oor begrotingshervorming te s.

Dit is 'n vereiste van die Wet op Openbare Finansile Bestuur van 1999 dat meetbare doelwitte vir elke afdeling binne 'n begrotingspos ook aan die provinsiale departement saam met die jaarlikse begroting voorgel moet word. Hoewel hierdie bepaalde afdeling van die "PFMA" waarskynlik nie op 1 April in werking sal tree nie, is die bepalings daarvan reeds in hierdie Begroting nagevolg ten einde die begrotingshervormingsproses te versnel, wat ten doel het om 'n nouer band tussen beleidsontwikkeling, en mediumtermynbeplanning en -begroting in die hand te werk. Dit het verder ten doel om die gehalte dienste wat gelewer word in die begrotingsproses in te bring, om voorsiening te maak vir herprioritisering van besteding op sleutelterreine waar behoefte bestaan, en om die Regering aanspreeklik te hou vir die hulpbronne wat dit gebruik om hierdie uitsette te verwesenlik.

Ten einde verder tot die begrotingshervormingsproses by te dra, en om Suid-Afrika te help om te voldoen aan internasionaal erkende verslagdoening ten opsigte van Government Finance Statistics, is finansile data wat in die begrotingsdokumentasie aangebied is, so noukeurig moontlik in "GFS"-klassifikasies omgeskakel.

Die jongste begrotingsdokumentasie sal die basis vorm waarop die Huis die Begroting wat ek vandag voorl sal moet debatteer en daaroor moet stem.

NASIONALE EN PROVINSIALE EKONOMIE

Vanjaar se Begroting word binne 'n makro-ekonomiese konteks voorgel wat, hoewel dit baie bemoedigende tekens op die nasionale vlak toon, steeds die Provinsie met 'n veelvoud uitdagings laat.

Soos wat President Thabo Mbeki op 4 Februarie 2000 in sy "State of the Nation"-rede aangedui het, was ons op geen ander tydstip beter geplaas nie as tans om beslissende stappe te doen om die vooruitgang te verwesenlik wat nodig is om die uitdagings die hoof te bied en te verseker dat ons almal saam optree om 'n ho en volhoubare groeikoers vir ons ekonomie te verwesenlik.

Oop en deursigtige openbare finansies, tesame met gesonde, koherente en volhoubare makro-ekonomiese en fiskale beleid, het verseker dat Suid-Afrika die storm van die wreldekonomiese krisis merkwaardig goed deurstaan het.

Mnr C M DUGMORE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Hoewel ons uit die resessie beweeg wat hierdie en ander ontwikkelende lande in onlangse jare geteister het, en hoewel rentekoerse gedaal het en verwag word dat BBP-groei oor die volgende drie jaar rondom gemiddeld 3,4% sal wees, bly Suid-Afrika se groeivooruitsigte nietemin onvoldoende om 'n reeks onverwesenlikte sosio-maatskaplike behoeftes wat ons in die gesig staar aan te spreek, veral op die gebied van werkloosheid, armoede, onderwys, gesondheid en welsyn.
Daar is in hierdie provinsie, soos elders, 'n groot behoefte om ekonomiese groei te versnel indien ons die verdere verval van belangrike infrastruktuur wil voorkom en die gehalte vaardighede wil verbeter wat in 'n ontwikkelingsekonomie in 'n hoogs mededingende wreld so nodig is.

Ondanks aansienlike verbeterings is dit veral 'n bron van kommer dat daar steeds strukturele probleme in die ekonomie is, waarvan nie die minste nie die trae koers is waarteen werkgeleenthede in die formele ekonomie geskep word.

Op die provinsiale vlak het die Wes-Kaap voortgegaan om sy onderliggende patroon van betreklike stabiliteit te handhaaf, bogemiddelde ekonomiese prestasie binne Suid-Afrika se algehele provinsiale tendense. Met 'n 9,8%-bevolkingsaandeel en met 14% tot 15% van die land se BBP wat in die Wes-Kaap gegenereer word, verteenwoordig dit 'n klein, maar tog hoogs betekenisvolle segment van die Suid-Afrikaanse nasionale ekonomie. Dit word deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie beskou as die streek met die tweede hoogste groeivooruitsigte vir die 1998-2001-tydperk - 3% per jaar, vergeleke met 3,4% vir Mpumalanga en minder as 2,5% vir die ander sewe provinsies - en sy aandeel in NOA-aktiwiteite in die land oor die afgelope vyf jaar was 23,7% volgens die getal beleggingsprojekte en 42% volgens beleggingswaarde.

Maar, soos wat die mees onlangse Wesgro-verslag oor provinsiale vooruitsigte vir 2000 uitwys, is daar steeds 'n aantal probleemtendense wat ons in die gesig staar, waaronder:

* Daar skyn onvoldoende verbetering te wees met betrekking tot armoedevermindering in die provinsie. Gegewe 'n toename in werkloosheid, laer loonverhogings en die inkorting van sommige maatskaplike welsynsbesteding, kan ongelykheid van inkomste en rykdom in der waarheid tans styg, wat tot 'n baie skewe per capita-inkomsteverspreiding lei. Gedurende die tydperk 1998-99 het die werkloosheidsvlak in die Wes-Kaap met ongeveer 10 000 persone tot 307 300, of nagenoeg 18,4% van die provinsie se arbeidsmag, toegeneem. Vergeleke met 'n gemiddelde nasionale syfer van rondom 30%, is hierdie syfer betreklik laag.

* Hierdie Provinsie is verbind tot die belange van die armstes van die armes, maar sal voortgaan om die "hands up"-beginsel eerder as die "hands down"-beginsel toe te pas, soos wat die agb Premier aangedui het. Ons moet die plaag van werkloosheid uitwis deur ons by gesonde ekonomiese beginsels en fiskale dissipline te hou. Solank as wat ek vir hierdie Ministerie verantwoordelik is, sal ek 'n begroting voorl waarvan die uiteindelike doelwit die uitwissing van werkloosheid sal wees.

* Die Provinsiale Regering moes nog 'n jaar van verminderde oordragte van die nasionale Regering oorleef, sowel as 'n pynvolle dissiplinering van uitgawe aan gesondheid, onderwys en welsyn. Die verminderde oordragte sal in relatiewe terme voortduur tot die teikenjaar 2003-04, wanneer algehele gelykheid verwesenlik behoort te word.

Wesgro doen egter verslag dat waar ons die nuwe jaar binnegaan, die Wes-Kaapse ekonomie voor 'n betekenisvolle opswaai staan, wat die ommekeer wat tydens die tweede helfte van verlede jaar ervaar is, versterk. Dit is in ooreenstemming met die nasionale sakesiklus, hoewel sterker groei in hierdie provinsie verwag word, met die Wes-Kaap se rele groei wat op 3,8% en nominale groei op 9,8% gestel word, wat 'n streekproduk van R96 850 miljoen in die jaar 2000 tot gevolg behoort te h.
MEDIUMTERMYN-UITGAWERAAMWERK

Daar is ernstige beperkings op provinsiale begroting op beide die inkomste- en die uitgawekant van die balansstaat. Inkomstebeperkings sluit in swak ekonomiese groei, volgehoue beperkings met die "equitable share"-formule en beperkte eie inkomstebronne.

Uitgawebeperkings sluit die stelsel van sentrale onderhandeling in, wat tot stygende salarisse en lone lei, 'n nalatenskap van 'n personeeldiensstaat wat steeds moeilik oorkom kan word as gevolg van die beperkte beweegruimte om personeelkoste te bestuur, en die voortdurende probleem van onbefondste mandate wanneer nuwe funksies en verantwoordelikhede na ons afgewentel word sonder 'n behoorlike en volhoubare ooreenstemmende verbintenis tot befondsingshulpbronne.

Laat my vir 'n paar minute by sommige van hierdie sake stilstaan.

Hoewel personeelgetalle met nagenoeg 20 000 verminder is, het kostes dieselfde gebly, of verhoog dit as gevolg van "wage creep" vanwe die sentrale onderhandelingsproses. Terwyl personeelgetalle dus van rofweg 90 000 in 1995-96 tot 70 000 in 2000-01 gedaal het, het bruto personeelbesteding van nagenoeg R5 miljard tot nagenoeg R6 miljard oor dieselfde tydperk gestyg. Ek is bewus daarvan dat daar tans op die nasionale vlak inisiatiewe aan die gang is deur die Ministers van Finansies en vir die Staatsdiens en Administrasie om 'n beter houvas op hierdie situasie te kry, en ek kan hulle maar net sterkte in hulle pogings in hierdie verband toewens.

Die MTEF het ten doel om beleid en doelwitte binne 'n driejaar-bestedingspakket saam te bring. In die eerste plek bied dit groter sekerheid aan departemente en laat dit hulle toe om hulle besteding- en inkomsteplanne te verbeter. Tweedens laat dit toe dat bestedingsprioriteite oor die medium termyn gemaak word. Derdens dra dit by tot die verbetering van demokratiese verantwoordbaarheid en begrip van die begroting.

Ek het reeds na die Provinsie se MTEF verwys, en dit moet slegs bygevoeg word dat ons bepaalde prioriteite en doelwitte binne die konteks van die baie brer nasionale raamwerk opgestel word en dus afhanklik is van die nasionale perspektief soos uiteengesit in die Mediumtermyn-Begrotingsbeleidsverklaring van die nasionale Departement van Finansies.

Daar word dus binne die algehele nasionale fiskale raamwerk, deur middel van 'n politieke proses, oor die verdeling van nasionale inkomste tussen die drie regeringsfere besluit. Daarna word die deel onder die provinsies besluit by wyse van 'n kombinasie van 'n formule-gedrewe proses en nasionale funksionele en politieke doelwitte.

Die befondsing wat die Provinsie in die vorm van voorwaardelike toekennings ontvang, is in ooreenstemming met nasionale norme en standaarde, om te vergoed vir die voorsiening van dienste wat oor provinsiale grense heen mag strek, en om voldoende voorsiening te maak in subnasionale begrotings vir nasionale prioriteite.

Die Wes-Kaap steun swaar op oordagte van die nasionale Regering. In die 2000-01-Begroting van Inkomste kom meer as 95% van provinsiale inkomste uit die kombinasie van "equitable share"-toekennings en voorwaardelike toekennings van nasionale departemente. Eie inkomste verteenwoordig slegs 4,6% van die totale provinsiale inkomste.

Die betreklike klein groei in nasionale befondsing oor die medium termyn - 3% vir 2000-01 en 2001-02, en 2,7% vir die laaste jaar - word in 'n mate vergoed deurdat daar begroot word dat eie inkomste vir 2000-01 tot 2001-02 met 11% sal groei en di van 2001-02 tot 2002-03 met 7,4%.

Dit dien daarop gelet te word dat die begrote eie inkomste bedrae nie toekomstige moontlike inkomstevloei van f casino's, f beperkte dobbelmasjienaktiwiteite insluit nie.

Provinsiale bestedingsgroei is streng beheer met 'n voorspelde groei van slegs 3,8% in die eerste jaar, wat verder afneem tot 'n voorspelde 2,7% in die laaste jaar van die medium termyn.

Alle bestedings waarvoor begroot word, sal gedek word deur inkomstevloei oor die medium termyn. Die Provinsie het nog nooit 'n oortrokke bankrekening gehad nie, en daar word geprojekteer dat daar 'n begrotingsurplus in die 2000-01-boekjaar en die daaropvolgende twee jaar sal wees. Hierdie geprojekteerde surplus sal gebruik word ter bestryding van geakkumuleerde skuldobligasies voortspruitende uit oorbesteding en inkomstetekorte van vorige boekjare. Die bedrae wat hiervoor opsy gesit is, is R45,561 miljoen in die 2000-01-boekjaar, R7,872 miljoen in die 2001-02-boekjaar en R30,026 miljoen in die 2002-03-boekjaar.

Befondsing vir verbetering van diensvoorwaardes is voorheen as voorwaardelike toekennings van nasionale inkomste aan die provinsies voorsien, en was gegrond op die resultaat van die jaarlikse salarisonderhandelings wat in die onderhandelingskamer van die Staatsdiens gevoer is.

Ek moet hierdie Parlement in kennis stel dat dit die intensie van die nasionale Regering is dat toekomstige salaris- en loononderhandelings 'n kompromis moet wees tussen die getal personeel in diens teenoor werklike salarisverhogings. Die presiese meganisme om dit te verwesenlik, en meer bepaald die mandateringsproses via myself, as provinsiale Minister van Finansies, verg nog opheldering. Wat dit wel beteken, is dat daar van die 2000-01-boekjaar met hierdie toekennings weggedoen word.

Totale provinsiale inkomste, bestaande uit nasionale betalings van R10,833 miljard plus provinsiale eie inkomste van R516,539 miljoen, beloop R11,350 miljard vir die 2000-01-boekjaar, ...

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek dink die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning mislei die Huis. Hy verwys na R10 000 miljard. Dit moet miljoen wees. Ons het net nie daardie soort hulpbronne nie, ... [Onhoorbaar.] Hy haal in werklikheid nie die syfers reg aan nie.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek sal die syfers herhaal. Daar is geen bedoeling om die Huis te mislei nie. Ek sal die paragraaf herhaal.

Totale provinsiale inkomste, bestaande uit nasionale betalings van R10,833 miljard plus provinsiale eie inkomste van R516,539 miljoen, beloop R11,35 miljard vir die 2000-01-boekjaar, wat 'n jaar-tot-jaar toename van 5,24% is, waarvan R45,561 miljoen vir skulddelging gebruik gaan word, wat R11,304 miljard laat wat vir besteding beskikbaar is. Soos wat hierdie Parlement sal weet, impliseer die aard van die "equitable share"-formule dat die Wes-Kaap se toekenning tot laer as die nasionale gemiddelde moet bly daal.

In hierdie verband, en ek wil nie die risiko loop om my gehoor in die raadsaal en daar buite te verveel nie, wil ek my diepe besorgdheid herhaal oor die gebruik van die 1996-Sensussyfers vir die doel om nie net die "equitable share" te bereken nie, maar ook voorwaardelike toekennings. Ek glo dit het vir almal duidelik geword dat die akkuraatheid van die Wes-Kaap se syfers in twyfel getrek kan word, om die minste te s. Ek is nie alleen onder my finansile kollegas in ander provinsies wat die feit dat daar op hierdie statistiek staatgemaak word vir die toewysing van provinsiale aandele van nasionale inkomste, bevraagteken nie.

Mnr die Speaker, ek wil nie verkeerd verstaan word wanneer ek praat van die instroming van Oos-Kaapse inwoners na die Wes-Kaap nie - hulle het natuurlik almal die konstitusionele en mensereg om hulle woonplek te kies. Die getal Oos-Kaapse kinders in ons skole en die getal Oos-Kaapse hospitaalpasinte na wie daar in hierdie provinsie omgesien word, is egter onweerlegbare bewys dat die sensusstatistiek 'n onbetroubare demografiese aanwyser is, en ek weet my Ministerile kollegas kan statistiese bewys hiervan gee.

In wese is die veranderinge in bedrae beskikbaar vir besteding jaar-op-jaar verhogings van R744,118 miljoen vir die 2000-01-boekjaar, R431,094 miljoen vir die 2002-03-boekjaar en R317,827 miljoen vir die 2001-02-boekjaar, 'n afnemende tendens.

Dit is moeilik om die salarisrekening te verminder, want dit dek hoofsaaklik onderwysers en gesondheidswerkers wat onmisbaar is vir die welsyn en ontwikkeling van die Wes-Kaap. Die drie groot bestedingsektore - Onderwys, Gesondheid en Maatskaplike Dienste - gebruik 92% van die Provinsie se totale salarisrekening, en hierdie syfer sluit administratiewe koste uit. Ek moet byvoeg, meneer, dat Onderwys alleen vir nagenoeg 57% hiervan verantwoordelik is, en Gesondheid 33%.

Die nasionale Minister van Finansies self het hierdie probleem verlede jaar in sy begrotingsrede erken, toe hy ges het, en ek haal aan:

Government's ability to increase spending on social services and infrastructure is severely limited by rising personnel costs.

Teen die agtergrond van hierdie beperkings glo ek dat ons op betekenisvolle prestasie kan wys deurdat ons ondanks begrotingsinkortings dienslewering kon handhaaf. Veral in Onderwys het uitsette hoog gebly, terwyl daar minder hulpbronne was. Hierdie onderwystendense het verseker dat die Wes-Kaap 'n betreklike hor persentasie van mense met naskoolse kwalifikasies en tegniese vaardighede as die res van Suid-Afrika het. Die volwasse-geletterdheidskoers in die provinsie word op 95% geraam, vergeleke met die nasionale gemiddeld van 75%.

Daarbenewens het onderwysbesteding oor die onlangse jare in 'n groter mate na tegniese eerder as onderwyseropleidingskolleges gegaan, wat 'n belangrike tendens is as ons die behoefte in hierdie provinsie in aanmerking neem vir die ontwikkeling van daardie vaardighede wat nodig is vir die groei van daardie sektore van die ekonomie wat ons as prioriteite gedentifiseer het. Wesgro het hierdie leidende sektore gedentifiseer as toerisme, landbou en agro-prosessering, wat die visbedryf insluit; professionele en ontwerpdienste; algemene sowel as gespesialiseerde handel; metaalprosessering en presisie ingenieurswese; en informasietegnologie.

Ook in die gesondheidsektor het hospitaal-werkladings skerp gestyg, wat 'n groter las op gesondheidskundiges geplaas het.

Ek sal later op hierdie sake terugkeer.

Meneer, die uitdagings wat ons dus in die gesig staar, is om voort te gaan om dienslewering te stabiliseer, ondanks die beperkings wat ek genoem het. Veral belangrik in hierdie aspek is die belangrike rol van die nuwe begrotingsformaat en die behoefte om vordering te meet, terwyl daar voortgegaan word met die fiskale dissipline wat hierdie Regering oor die afgelope jaar probeer toepas het.

In ons pogings om fiskale dissipline toe te pas, laat my toe om die posisie soos volg op te som:

1.	Om besteding ten opsigte van die Groot Drie te bekamp.

2.	'n Nuwe deelnemende proses het gekulmineer in die Provinsiale Fiskale Beleidsraamwerk.

3.	Ons het personeelinkortings verwesenlik sonder om dienslewering te ontwrig.

4.	Ons pak die getal en omvang van skuldenaars met erns aan en ons het ons kontantbestuursprosedures verbeter. Ons eie skuldlas is oor die MTEF-periode aansienlik verminder as gevolg van 'n addisionele toewysing van R139,4 miljoen vir hierdie doel in die 1999-2000-Aansuiweringsbegroting. In die huidige MTEF-periode sal enige skuld en uitstaande negatiewe balanse op ons boeke of in ons rekening ten volle afgelos word. Ek glo dit is 'n prestasie.

5.	Provinsiale voorwaardelike toekennings het befondsing vir spesifieke prioriteite verseker, soos hospitaaltoerusting en verbeterde finansile bestuur.

6.	Ons het provinsiale fiskale beleid in ooreenstemming met nasionale fiskale beleid probeer bring.

7.	Nie net is hierdie Begroting ingevolge die nuwe Wet op Openbare Finansile Bestuur gestruktureer nie, maar ons implementeer die bepalings van daardie Wet deur opleiding en kapasiteitsbou in die Tesourie en ander provinsiale departemente.

8.	Ons het die deelname van KMMOs en voorheen benadeelde sakeondernemings en individue deur middel van die nuwe verkrygingsbeleid probeer fasiliteer.

9.	Dalk die belangrikste, begrotingshervorming het op dienslewering gefokus. Dit is gedoen deur middel van drie spesifieke meganismes -

(a)	Multi-jaar begroting - soos weerspiel in die Mediumtermyn-Uitgaweraamwerk of MTEF - en die nuwe begrotingsformaat van die Regeringsfinansiestatistiek.

(b)	"Key Measurable Objectives (KMOs) is vir al die belangrikste departementele programme ingestel. Hierdie Begroting verteenwoordig dus 'n wegbeweeg van die konvensionele vorm van begroting na prestasiebegroting, gekoppel aan dienslewering, wat fokus op doelwitte en die meet van die bereiking van daardie doelwitte.

(c)	'n Onwrikbare fokus op die Kabinet se uitsette, wat ek glo 'n regstreekse en bindende kontrak met die burgers van hierdie provinsie uitmaak, individueel sowel as kollektief.

Naas die behoefte om dienslewering te stabiliseer, is daar die behoefte om bestaande infrastruktuur in stand te hou en om nuwe infrastruktuur te bou waar dit die nodigste is, nie net vir die ekonomiese ontwikkeling van die provinsie nie, maar ter verbetering van die gehalte lewe van die armstes van ons gemeenskappe.

Mnr die Speaker, daar is vier sleutelelemente van ons infrastruktuurprogram waarop ek die aandag van die Huis wil vestig:

1.	Toerisme.

2.	Informasietegnologie.

3.	Die behoefte om 'n balans in ons kapitaalbegroting te kry tussen instandhouding van dit wat bestaan en die skep van nuwe infrastruktuur.

4.	Die toename in motorlisensiegelde wat aan paaie toegewys sal word.

2000-01-BEGROTING

Mnr die Speaker, ek kom nou by die belangrikste kenmerke van die Begroting.

Ek is bly om te kan verslag doen dat die totale provinsiale en onderwysbesteding uiteindelik op 'n gelyke kiel begin kom.

Wat Gesondheid betref, gegewe die aansienlike toename in toewysings aan hierdie Begrotingspos, is daar bepaalde voorwaardes aan hierdie toename verbonde, waaronder:

1.	Die afskaffing van die wetlike vereiste dat slegs 'n persoon met 'n mediese graad aan die beheer van 'n hospitaalfasiliteit kan wees.

2.	Die aktiewe bevordering van gedesentraliseerde hospitaalbestuur deur, onder meer, die uitbreiding van die handelsentiteitkonsep na alle sleutelinstellings ten einde inkomsteretensie op die institusionele vlak te implementeer.

3.	Die bereiking van gelykheid binne die gesondheidstelsel moet plaasvind deur begrotingsaanpassings op dieselfde wyse as die "equitable share"-meganismes aan provinsies.

4.	'n Prestasiegedrewe bestuurstelsel moet in plek geplaas word binne 'n tydskaal soos deur die provinsiale Tesourie goedgekeur, wat die volgende moet insluit:

(a)	Begrotingsinsette moet gemaak word relatief tot spesifieke doelwitte/uitsette op institusionele vlak sowel as langtermynuitsette vir die Departement van Gesondheid in die geheel;

(b)	'n sakebestuurder moet vir Gesondheid aangestel word, en hierdie proses nader voltooiing;

(c)	daar moet algehele verbetering van finansile bestuur en verliesbeheer wees.

5.	Die Batho Pele (Mense Eerste)-beginsel en die doeltreffende monitering daarvan moet in plek geplaas word.

6.	Alle agterstallige skuld, veral aan plaaslike owerhede, moet ten volle afgelos word in ooreenstemming met 'n betaling- en finansile skedule wat die provinsiale Tesourie goedgekeur het.

7.	Die departement, onder leiding van die agb Minister van Gesondheid, moet huidige dienste herontplooi binne die bekostigbare pakket, nasionale beleidsriglyne en veral konvensies wat van toepassing mag wees.

8.	Al bogenoemde voorwaardes impliseer dat alle verdere verliese aan inkomste- of uitgawe-oorbestedings uitsluitlik vir Gesondheid se rekening sal wees.

Mnr die Speaker, ek kan hierdie Provinsie se verbintenis tot Gemeenskapsveiligheid nie sterk genoeg beklemtoon nie. Terwyl ons magte in hierdie verband konstitusioneel beperk is tot die monitering en oorsig, het projekte soos Operasie Chrysalis groot meriete. Ek was egter nie in staat om 'n ho vlak van besteding aan Gemeenskapsveiligheid toe te ken nie, maar ek is van mening dat 'n deel van die inkomste uit casinobelasting wat nou begin vloei, vir hierdie doel gekanaliseer moet word. Daar moet ook daarop gelet word dat R5 miljoen in die onlangse 1999-2000-Aansuiweringsbegroting aan hierdie Begrotingspos toegewys is.

Daar moet daarop gelet word dat 'n bepaalde toekenning van R10 miljoen vir die bestuur van Armoedeverligting in die 1999-2000-Aansuiweringsbegroting gemaak is. 'n Sakeplan moet nog aan die Kabinet voorgel word om te besluit hoe dit die beste vorentoe geneem kan word, aangesien hierdie doelwit ook die aktiwiteite van baie departemente raak.

'n Ontleding van bestedingspatrone dui daarop dat hulle stadig maar seker besig is om by ons beleidsprioriteite aan te sluit.

Mnr die Speaker, dit dien op gelet te word dat ons veranderinge in ons voorwaardelike toekenningsdeel ontvang het ten opsigte van Gesondheid, Behuising en Grondontwikkelingsdoelwitte en die finansile bestuur van maatskaplike sekuriteitstelsel, wat te laat was om in die Begroting opgeneem te word, maar wat in die 2000-01-Aansuiweringsbegroting aandag sal geniet.

Ek wil in hierdie stadium stilstaan om die aandag op die betrokke syfers te vestig, sodat die Huis presies sal weet wat in die Aansuiweringsbegroting aangespreek sal word. Die syfers wat ek gekry het, is die volgende: Gesondheid, rehabilitasie van hospitale, beloop R2 800 miljoen; Behuising, R103,212 miljoen; en vir Behuising, menslike vestigingsontwikkelingsprogram, R9 miljoen. [Tussenwerpsels.] Dit is waarom ek wil h daardie agb lid moet mooi luister na wat ek s; die agb lid moet vlymskerp wees! [Gelag.] [Tussenwerpsels.] Daar is ook sekere kleiner aftrekkings wat ek hier het, soos Grondsake en Welsyn, maar soos ek ges het, hierdie sake sal in die Aansuiweringsbegroting aangespreek word.

PROVINSIALE EIE INKOMSTE

Mnr die Speaker, ek moet in hierdie stadium 'n paar woorde s oor die benutting van ons eie inkomstebronne, aangesien minder as 5% van hierdie Begroting van eie inkomste verkry word. Geraamde werklike insameling vir die 1999-2000-boekjaar beloop 5,3% van die totale provinsiale inkomste.

Die samestelling van begrote eie inkomste vir die 2000-01-boekjaar is soos volg:

(a)	Dobbelbelastings - R19,056 miljoen

(b)	Motorvoertuiglisensies - R331,393 miljoen

(c)	Rente, dividende en ander eiendomsinkomste - R35,316 miljoen

(d)	Hospitaalpasintgelde - R64,594 miljoen

(e)	Ander gelde en heffings - R45,180 miljoen

(f)	Verkoop van kapitaalbates - R21 miljoen

Die volgende moet ten opsigte van provinsiale eie inkomste beklemtoon word:

1.	Eie inkomstepotensiaal is tans grootliks beperk tot gebruikersgelde, hoofsaaklik by hospitale en motorvoertuiglisensies. Ander moontlikhede is grootliks afhanklik daarvan dat die nasionale Departement van Finansies 'n provinsiale belastingwetgewingraamwerk opstel wat die beskikbare belastinghulpbronne wat vir provinsiale regerings oop is, aandui. Die Provinsie evalueer dus die moontlikheid in samewerking met die nasionale Departement van Finansies om nuwe eie inkomstebronne te genereer. Dit word onderneem in ooreenstemming met die aanbevelings van die Katz-kommissie en die Begrotingraad.

	Ek was verontrus om in die begrotingsrede van die nasionale Minister van Finansies te lees dat hy 'n internasionale vertrekbelasting ingestel het. Ek wil die aandag van die Huis daarop vestig dat ek verlede jaar in die Nasionale Raad van Provinsies spesifiek die kwessie van lughawe-aankoms- en vertrekbelastings genoem het vir moontlike insluiting in die Toegelate Lys. Hierdie nasionale belasting het nou verder die moontlikheid verskraal dat die Toegelate Lys betekenisvol sal wees, en dien slegs om lippediens aan die bepalings van artikel 228 van die Grondwet te betoon.

2.	Die proses is verder gekompliseer deur die volgehoue afname in gesondheidspasintgelde van R84 miljoen in die 1995-96-boekjaar tot R65 miljoen in die 1999-2000-boekjaar. Die afname, wat landwyd voorkom, is deels te wyte aan 'n nasionale beleidsbesluit om gratis sorg aan individue te gee wat van die dienste van klinieke gebruik maak, sowel as gratis sorg aan kinders en swanger vroue by staatshospitale.

	Tegelykertyd was daar 'n afname in die getal betalende pasinte wat van openbare sektor fasiliteite gebruik maak, en 'n verskuiwing na die gebruik van private hospitale deur sodanige individue. Daar is egter tot dusver geen aanduiding dat hierdie tendens omgekeer sal word nie.

3.	Die begrotingsafname in dobbelbelasting vir die 2000-01-boekjaar weerspiel 'n geantisipeerde afname in inkomste uit perdewedrenne en sportweddenskappe as gevolg van die feit dat die metropolitaanse casino gedurende aanstaande jaar op stroom sal kom. Motorvoertuiglisensies toon steeds 'n toename weens verbeterde insameling en jaarlikse verhogings in lisensiegelde. Werklike ontvangste in die 1998-99-boekjaar uit motorlisensiegelde, as 'n persentasie van eie inkomste, was in die omgewing van 48%. In die 2000-01-boekjaar sal dit na verwagting tot 64% styg.

4.	Inkomste uit die Provinsie se eiendomsportefeulje sal na verwagting R29,9 miljoen wees.

5.	Op die institusionele vlak is dit moontlik dat die vorige afwesigheid van insentiewe vir inkomstegenerering dalk bygedra het tot inkomstegenerering wat benede potensiaal was. Met die oog op hierdie probleem het die Wes-Kaapse Tesourie 'n inkomsteretensieskema ingestel.

	Struikelblokke om meer eie inkomste te genereer bly steeds:

(a)	Beperkte ruimte om inkomste op bestaande bronne te hef.

(b)	Geen duidelike onderskeid tussen gebruikersgelde, heffings en belastings nie.

(c)	Die feit dat ons steeds aan bande gel word deur die afwesigheid van nasionale beleid, aangesien daar steeds geen duidelikheid is oor die sogenaamde Toegelate Lys nie en omdat ons nie provinsiale belastings sonder nasionale goedkeuring kan hef nie.

Voordat dit lyk asof ek net 'n donker prentjie ten opsigte van eie inkomste skilder, wil ek onmiddellik s dat vooruitsigte ter verbetering van hierdie situasie hoopvol is:

(a)	Daar is 'n opwaartse neiging, wat eie inkomste betref, van 4,6% van totale inkomste tot 5,1% oor die MTEF-periode, sonder dat inkomste uit dobbelary in aanmerking geneem is. Hierdie groei is belangrik, want dit laat 'n mate van diskresie toe, in teenstelling met die "equitable share"-deel van die Begroting wat in die teenoorgestelde rigting beweeg.

(b)	Ek verbind my daartoe om my energie in hierdie verband te bly konsentreer, want, soos wat ek voorheen ges het, dit is die geleentheid om spesiale projekte binne hierdie Provinsie te befonds, met spesiale klem op infrastruktuur.

(c)	Die provinsiale inkomsteplan, wat daarop gemik is om groter leiding aan provinsiale departemente te gee, moet in die loop van die jaar gemplementeer word.

(d)	Tariefregisters is in departemente ingestel om 'n beter databasis te verskaf.

(e)	Die implementering van ons inkomsteretensiebeleid sal verdere momentum kry oor die MTEF-periode.

(f)	Die nasionale Regering het verklaar dat dit sy bedoeling is om later vanjaar die Toegelate Lys te implementeer.

Mnr die Speaker, wat eie inkomstetoewysings betref, sluit die belangrikste aansuiwerings die volgende in:

1.	Soos wat ek ges het, is die inkomste uit weddenskappe en perdewedrenne in die Begrotingspos Finansies oor die MTEF-periode verminder weens die koms van casino's en laer as verwagte belastinginkomste uit weddenskappe. Ek sal dit vollediger in die Aansuiweringsbegroting vir die 2000-01-boekjaar aanspreek.

2.	Die inkomste vir die Begrotingspos Gesondheid is afwaarts aangepas, vergeleke met oorspronklike begrotings, met R9 miljoen per jaar oor die MTEF-jare in ooreenstemming met die huidige afwaartse neiging.

3.	Addisionele eie inkomste word geprojekteer in die Departement van Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme van R43,4 miljoen, R54,4 miljoen en R54,9 miljoen oor die MTEF-periode. Hierdie inkomste sal in die 2000-01-boekjaar uit verskillende bronne gegenereer word, naamlik -

(a)	R10 miljoen uit motorvoertuiglisensiegelde;

(b)	R21 miljoen uit vervreemding en R2 miljoen uit huurgeld in die eiendomsbestuurportefeulje;

(c)	R2,5 miljoen uit verpersoonlikte nommerplate;

(d)	R2 miljoen uit ongevraagde aanbiedinge en taxipermitte;

(e)	R0,5 miljoen uit advertensieborde; en

(f)	R5,4 miljoen uit landbouaktiwiteite.

UITGAWE

Soos gesien kan word uit die tabelle wat aangeheg is by die dokumentasie wat vandag ter Tafel gel word, beloop die totale besteding wat in hierdie Begroting begroot word, R11,288 miljard. Hiervan maak salarisse en verwante koste 55% uit, en toekennings, oordragte en subsidies 26%.
Mnr die Speaker, 'n aantal provinsiale departemente het kostebeheer en maatrels ingestel om bestedingsdoeltreffendheid te verseker ten einde doeltreffende gebruik van openbare fondse te maak. As 'n voorbeeld kan die rekord van twee van die Provinsie se grootste departemente - Gesondheid en Onderwys - genoem word.

Soos wat ek reeds aangedui het, het die Wes-Kaap baie minder armoede as ander provinsies. Volgens die jongste beskikbare Huishoudingsopname verdien 16,6% van huishoudings in hierdie provinsie minder as R1 000 per maand, terwyl hierdie syfer nasionaal meer as 40% is. Dit bly nietemin waar dat die kinders van die armes deur die provinsiale onderwysstelsel bereik word.

Daar word geraam dat 22,3% van die kinders in die Wes-Kaapse skole uit arm families kom, hoewel die uitvalkoers onder hierdie segment van die skoolgaande bevolking steeds te hoog is. 'n Verdere aanduiding van die ekonomiese status van kinders en die mate waarin die Provinsie se onderwysstelsel hulle behoeftes aanspreek, is dat dit geraam word dat bykans een derde van kinders (32%) in skole is waar die gelde minder as R100 per jaar is.

Wat kapitaalbesteding betref, sal agb lede bewus wees dat daar vir die 1999-2000-boekjaar ernstige inkortings aan die Provinsiale Kapitaalbesteding gemaak is, weens die vertraging met ontvangs van die Casinobod-geld en formule-aanpassings aan die Wes-Kaapse "equitable share" as gevolg van swakker makro-ekonomiese omstandighede. 'n Groei van ongeveer 33% word vir die 2000-01-boekjaar begroot, hoofsaaklik as gevolg van 'n nuwe voorwaardelike toekenning van R238 miljoen van die SA Behuisingsfonds. Ek het vroer die werklike syfer genoem wat ons uiteindelik sal ontvang en wat in die Aansuiweringsbegroting ten opsigte van Behuising aangespreek sal word.

As hierdie voorwaardelike toekenning uit di Begroting uitgesluit word, weerspiel dit 'n nominale vermindering van 12,4% jaar op jaar. 'n Bedrag van R120 miljoen vir die metropolitaanse Casinobod wat verlede Desember ontvang is, is egter voorsien vir kapitaalprojekte in die 1999-2000-Aansuiweringsbegroting, waarvan die grootste deel eers in die 2000-01-boekjaar bestee sal word.

Mnr die Speaker, ondanks my vertroue in die Begroting wat ek vandag voorl, moet ons bedag wees op die uitdagings wat die Wes-Kaapse Provinsiale Regering die hoof moet bied.

Die politieke demokrasie wat in 1994 gekom het, het groot laste op die nege nuutingestelde provinsies geplaas. Die instellings van nuwe wetgewende strukture, die herstrukturering van diensleweringsentiteite en die bekamping van uitgawe binne die maatskaplike dienstesektor is maar 'n paar van die uitdagings wat provinsies in die algemeen die hoof moes bied.

In 'n sekere mate het die Wes-Kaap dit moeiliker as die meeste ander gehad, want ons was aan die ontvangkant van betreklik minder oordragte van die nasionale Fiskus in die belang daarvan om "equity" in ons land te kry.

Fiskale besparing en oordeel binne alle departemente het verseker dat die transformasie en aanpassing volgens die vereistes van die nuwe Wet op Openbare Finansile Bestuur met meer vertroue verwesenlik sal word as wat vyf of selfs twee tot drie jaar gelede moontlik was. Noudat ons basiese fiskale raamwerk egter in plek val, moet duidelike rigting en prioriteite gestel word en daarvolgens gelewer word.

SEWE TOEKOMSTIGE UITDAGINGS

Ek wil die uitdagings vir die toekoms aanspreek, aangesien dit ook die raamwerk vir en stukrag van toekomstige begrotings sal bepaal.

Eerstens, ons moet die verbetering van algehele prestasie verseker deur toe te sien dat die geformuleerde sleutel- meetbare doelwitte in verbeterde diens omgesit word, wat sensitief is vir die ware behoeftes van ons klinte, veral die armer gemeenskappe.

Tweedens, ons moet nuwe inkomstebronne in samewerking met die nasionale Departement van Finansies bly evalueer, terwyl ons tegelyk maniere ontwikkel om die bestaande bronne van eie inkomste te verbeter.

Derdens, ons moet maatskaplike lewering stabiliseer. Die maatskaplike dienstesektor het in hierdie Begroting en oor die MTEF-periode aansienlike verligting ontvang, en die uitdaging wat hierdie dienste in die gesig staar, is om te bou op die verbeterings in hulpbronbenutting en doeltreffendheid van dienslewering wat oor die afgelope paar jaar verwesenlik is.

Vierdens, ons moet dringend kyk na die bou van infrastruktuur. Hoewel die metropolitaanse Casinobod-gelde 'n groot kapitaalinspuiting vir vaste kapitaalinfrastruktuur verskaf het, is verdere aanvulling van hierdie sektor van drie dinge afhanklik - algemene makro-ekonomiese groei wat "equitable shares" aan die provinsies positief behoort te benvloed; toenames in provinsiale eie inkomste en openbare/private vennootskappe om kapitaal te genereer om huidige agterstande aan te spreek.

Vyfdens, ons moet die huidige distorte inkomsteverspreiding in die Provinsie regstel. Volgens die hersiene 1996-Sensus verdien 68,3% van huishoudings in die Wes-Kaap minder as R3 500 per maand. Ons uitdaging is dus om dienslewering te teiken vir daardie sektor van die bevolking wat voordeel hieruit kan trek. Dit sluit onder meer in die verskaffing van behoorlike onderwys en vaardighede; toepaslike gesondheidsorgdienste; die verbetering van die verskaffing van laekostebehuising; en bydrae tot ekonomiese groei.

*Mnr C M DUGMORE: Geen casinogeld vir huise nie - waarom nie?

*Die MINISTER: Sesdens, ons moet werkskepping en hor ekonomiese groei fasiliteer. 'n Noodsaaklike voorvereiste hiervoor is 'n streekomgewing wat ontvanklik is vir investering en wat veiligheid en sekuriteit bied.

Dalk gee die agb lid mnr Dugmore te kenne dat ek die R11 miljoen in totaal moet neem en dit op rooi moet plaas. [Gelag.]

Ten slotte, ons moet fiskale dissipline handhaaf en verbeter. Die uitdaging vir die toekoms l in die skep van voldoende finansile kapasiteit regdeur die Provinsie en die ontwikkeling van gesonde meetinstrumente om vordering te bepaal.

Mnr die Speaker, in alle nederigheid, ek beskou nie myself of my departement as die besitters van alle wysheid vir gesonde begroting vir hierdie Provinsie nie, en dit is waarom ek 'n nuwe proses van konsultasie ten opsigte van finansile sake ingestel het. Ek glo ons het vanjaar hierdie proses verbeter en verbreed en dat ons 'n groot aantal voorstelle by die voorbereiding van hierdie Begroting in aanmerking geneem het. Ek wil dus al daardie individue en organisasies bedank wat deelgeneem het in hierdie konsultasies en ek wil belowe dat dit my voorneme is om met hierdie vorm van vennootskap voort te gaan. Ek hoop werklik dit het die sluier van vermeende geheimhouding met die opstel van die provinsiale Begroting help lig.

Mnr die Speaker, dit is tradisioneel dat ek 'n aantal mense bedank, en ek doen dit met al die opregtheid waaroor ek beskik.

Ek moet eerstens die agb Premier en lede van die Kabinet vir hul samewerking bedank. Ek onthou duidelik dat ek verlede jaar briewe aan sommige van my kollegas geskryf het en diplomaties daarop gewys het dat hulle oor hul begrotings was en iets daaromtrent moes doen. Ek is dankbaar om te kan verslag doen dat dit nie vanjaar nodig was om hierdie mate van druk uit te oefen nie.

Ek wil graag die nasionale Minister van Finansies en sy amptenare van Span Finansies vir hulle samewerking in die Begrotingsraad bedank. Ek wil ook my finansiekollegas uit die ander provinsies bedank. Ons samewerking is 'n ware oefening in koperatiewe regering.

Ek wil die voorsitter en lede van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe bedank in antisipasie van hul gunstige beraadslagings oor die Begroting. Ek bedank ook al die ander voorsitters en lede van staande komitees.

Die Provinsiale Tesouriekomitee speel 'n belangrike rol in die begrotingsproses en ek wil my kollega die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme en die Direkteur-generaal wat saam met my die lede van daardie komitee uitmaak, bedank.

Hierdie Provinsie, mnr die Speaker, kan opreg dankbaar wees vir 'n groot getal hoogs bevoegde amptenare. Ek is inderdaad gelukkig om te kan saamwerk met ons eie Wes-Kaapse Span Finansies, onder leiding van 'n uitstaande staatsamptenaar in die persoon van dr J C Stegmann. Hy is die toonbeeld van 'n generaal wat van voor af lei. Ek moet ook vir Cedric Ismay en Andr Gildenhuys en die res van die span bedank, wat uit hul pad gaan om my so goed as moontlik te laat lyk. [Tussenwerpsels.] Ek bedank hulle almal, individueel en as 'n span.

En ten slotte, meneer, teenoor u, agb lede van die Huis en die persone op die openbare galery, wil ek die hoop uitspreek dat ek nie oor die afgelope jaar 'n generiese plaasvervanger vir die algemene slaappil was nie. [Gelag.]

As ek in 'n paar sinne my vergelyking van vanjaar se Begroting met di van verlede jaar moet opsom, sal ek s dat ons, nadat ons oor die afgelope jaar streng fiskale dissipline toegepas het, daarin geslaag het om 'n begroting vir die volgende boekjaar op te stel wat ons posisie as die land se leidende provinsie in so baie opsigte behoort te versterk. Ek het die vertroue dat die Begroting wat ek vandag ter Tafel l, as 'n katalis vir die Wes-Kaap sal dien om 'n groeitydperk van stabiliteit, vooruitgang en groei vir al ons burgers te geniet. [Toejuiging.]

Die SPEAKER: Orde! Ingevolge Rel 165(3) sal die Sekretaris die Wetsontwerp vir die eerste maal lees.

Wetsontwerp vir die eerste maal gelees.

*Die SPEAKER: Orde! Ingevolge Rel 168(1) verwys ek die Wetsontwerp en relevante dokumente na die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe vir oorweging. Vir die doeleindes van Rel 168(2) bepaal ek vandag as die datum vir die aanvang van oorweging deur die gemelde staande komitee. Die debat oor die Tweede Lesing sal op Maandag, 6 Maart 2000 plaasvind.

Ek wil agb lede daarop wys dat 'n voorlegging oor die Begroting na die verdaging in die Ouditorium sal plaasvind. Hulle is almal genooi om dit by te woon. Die Huis sal nou verdaag.

Die Huis verdaag om 15:19.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

Wetsontwerp:

1.	Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Natuurbewaringswette [W 3-2000] (Ingevolge Rel 147(3)(b) is Wetsontwerp deur Premier as dringende maatrel verklaar en vir 7 dae in Provinsiale Koerant gepubliseer).

Wetsontwerpe en portefeuljekomitee-amendemente ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	Portefeuljekomitee-amendemente op Wysigingswetsontwerp op die Raad op Finansile Dienste [W 62A-99].

2.	Wysigingswetsontwerp op die Raad op Finansile Dienste [W 62B-99].

3.	Portefeuljekomitee-amendemente op Algemene Wysigingswetsontwerp op Grondsake [W 64A-99].

4.	Algemene Wysigingswetsontwerp op Grondsake [W 64B-99].

5.	Wetsontwerp op Finansile Instellings (Belegging van Fondse) [W 6-2000].

Wetsontwerp en portefeuljekomitee-amendemente ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	National Land Transport Transition Bill [W 5-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2.	Portefeuljekomitee-amendemente op Wysigingswetsontwerp op Brandweerdienste [W 63A-99].
KOMITEEVERSLAG:

1. Tesourie antwoorde op:

Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, gedateer 22 Oktober 1999, ten opsigte van die volgende verslae van die Ouditeur-generaal (Tertafelleggingsdokument no. 13 - 1999 van 2 November 1999):

* die rekenings van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir 1996-97: Begrotingspos 6 - Gesondheid [PR 32/1999];

* die finansile state van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1998;

* Begrotingspos 2 - Provinsiale Wetgewer [PR 40/1999];

* Begrotingspos 8 - Landbou [PR 46/1999];

* Begrotingspos 10 - Omgewing- en Kultuursake [PR 58/1999];

* Begrotingspos 12 - Provinsiale Dienskommissie [PR 47/1999];

* Begrotingspos 14 - Provinsiale Polisiediens [PR 37/1999];

* Begrotingspos 18 - Provinsiale Diskresionre Ontwikkeling [PR 36/1999];

* Begrotingspos 19 - Verbetering van Diensvoorwaardes [PR 59/1999];

* die impak van die Jaar 2000 op rekenaarstelsels in die Nasionale Departemente en Provinsiale Administrasies [RP 39/1999];

* uitstaande finansile state vir die boekjaar 1997-98 ten opsigte van Plaaslike Regerings in die Provinsie Wes-Kaap [PR 13/1999];

* dwarsleggende aangeleenthede by Plaaslike Regerings in die Provinsie Wes-Kaap vir die boekjaar 1996-97 [PR 45/1999];

* 'n spesiale ondersoek van die bestuursmaatrels en finansile beheer by die Departement van Handel, Nywerheid en Toerisme van die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie [PR 22/1999].


1020	MAANDAG, 28 FEBRUARIE 2000



	MAANDAG, 28 FEBRUARIE 2000	1021


